HOËSPOED GELEISTAMBESKERMING MET DIE GEBRUIK VAN GOOSE

* beskerm substasies in kragverspreidingsnetwerke van die nuts- en prosesseringsbedryf

* besonder vinnige boodskapversending verhoog die spoed van geleistambeskerming om veiligheid te vermeerder en om skade en staantyd te verlaag

ABB stel bekend ’n nuwe hoëspoed substasie-geleistambeskermingstelsel vir nuts- en bedryfskragstelsels. Die geleistambeskermingstoepassing is geskoei op die maatskappy se nuwe REF615 voerderbeskermingsherleier met plaaslike ondersteuning vir die IEC 61850 standaard-“Kommunikasienetwerke en –stelsels in substasies” en sy GOOSE-dienste. Hierdie slim roosterontsperde herleier bied ’n platform om die werkverrigting, betroubaarheid en koste-doeltreffendheid vir die kragstelsels van vandag en môre te verbeter.

Die nuwe 615-reeks beskermingsherleiers bied plaaslike ondersteuning vir die IEC 61850 substasie-outomatiseringstandaard, insluitend horisontale GOOSE-boodskapversending (Generiese Objek-geöriënteerde Substasiegebeurtenis). Vergeleke met tradisionele vasbedrade interherleide seine, bied herleide-tot-herleide kommunikasie oor ’n geskakelde Ethernet LAN (Lokale-area-netwerk) ’n gevorderde en veelsydige platform vir die beskerming van môre se slim kragstelsels. Vinnige sagteware-gebaseerde konfigurasie, volgehoue kontrole oor die integriteit van die beskerming- en kommunikasiestelsel, en inherente buigbaarheid vir herkonfigurasie en opgradering is sommige van die kenmerkende eienskappe van die nuwe beskermingstelselbenadering, wat in werking gestel is deur die volle implementering van die IEC 61850-standaard.

Geleistambeskerming in klein en mediumgrootte elektriese verspreidingsubstasies is gewoonlik gebaseer op omgekeerde inskakeling. In die geval van ’n kortsluiting op ’n uitgaande voerder, versper die oorstroomherleier van die uitgaande voerders die werking van die oorstroomherleier in die inkomende voerders. Hierdie skakelseine is vasbedraad. Sulke seinroetes behels die gebruik van hulpherleiers, wat bydra tot die vertraging in werkingstyd van die beskerming. Daar is verder geen maklike manier om voortdurend toesig te hou oor die vasbedrade seinroetes, om die werking van die beskermingstelsel te verseker nie.

In die nuwe geleistambeskermingskonsep wat deur ABB bekend gestel is, word die herleide-tot-herleide bedrading met ’n stasiewye Ethernet LAN vervang. Die interherleide blokseine word oorgedra as GOOSE-boodskappe en verskaf so ongekende, nuwe vlakke van beskermingspoed en bedryfsbetroubaarheid. Behalwe vir ’n standaard-Ethernet LAN, word geen bykomende hardeware of seinbedrading tussen die substasie se skakeltuigafskortings benodig nie.

Deur hardeware-verwante vertragings uit te skakel, word die foutwissingstyd van ’n geleistamkortsluiting in die werklikheid slegs deur die spoed van die stroombreker beperk. Die bedryfsbetroubaarheid van die beskermingstelsel word gemonitor deur volgehoue kontrole van die kommunikasiekanaal en die geldigheid van die data wat oorgedra word. In opdrag-noodsaaklike toepassings, kan oortollige kommunikasie gebruik word om die werking en beskikbaarheid van die volledige substasie-beskermingstelsel te verseker.

Behalwe vir plaaslike IEC 61850-ondersteuning, insluitend GOOSE-dienste, bied die REF615 voerder-beskermingsherleier beskerming teen kortsluiting, tydoorstroom en termiese oorlading. Dit word ook gekenmerk deur gerigte en nie-gerigte aardfoutbeskerming, sensitiewe aardfoutbeskerming (“SEF”) en gevorderde oorgangsmate aardfoutbeskerming, insluitend die ontdekking van afwisselende aardfoute in kabelnetwerke. Verder, beskik die herleier oor drie-pool outo-herinskakelvermoëns en basiese stroombrekerbeheerfunksies. Die herleier kan, opsioneel, met ’n driekanaal boogfout-beskermingseenheid verbeter word. /ins

Opskrif 1:

Hoëspoed geleistambeskermingstelsel gebaseer op ABB se nuwe voerderbeskermingsherleiers kommunikeer oor ’n stasiewye Ethernet LAN met die gebruik van GOOSE-dienste.
© 2008 ABB

Opskrif 2:


ABB se nuwe voerderbeskermingsherleier met plaaslike ondersteuning vir die IEC 61850
substasie-kommunikasiestandaard, insluitend die standaard se GOOSE-dienste.
© 2008 ABB

Vir verdere inligting, kontak:

David Park
Business Development Manager - DA Products

ABB South Africa
3 Eglin Street, Sunninghill, 2157

Phone:   +27 11 236 7271
Telefax: +27 11 236 7496
Mobile:  +27 82 566 6278
E-Mail:  david.park@za.abb.com

Press release images


SNABBT SAMLINGSSKENESKYDD MED GOOSE-KOMMUNIKATION

SNABBT SAMLINGSSKENESKYDD MED GOOSE-KOMMUNIKATION

Rating:

vote data

Let us know if you are going to use this press release. Thank you!

Publications